iPendoring 2025 Finalists

OMTOORVUUR / TRANSFORMATIVE FIRE

Sentient Creative / Johannesburg

Client / Brand
kykNET Silwerskermfees 2025

Entry Title
OMTOORVUUR / TRANSFORMATIVE FIRE

Description (View/Hide)
Die Silwerskermfees draai om Afrikaanse films en die betowering van ons eie inheemse stories. Maar die toorkuns van film gebeur nie met die swaai van ’n staffie nie – dié toorwerk is spanwerk, ’n alchemistiese proses wat in fases plaasvind en ’n smeltkroes verg, ’n “omtuurvuur” – soos die digter Sheila Cussons dit gestel het.

Met die Omtoorvuur-veldtog het ons die giet van ʼn bronsbeeld as metafoor gebruik vir die skeppingsproses van ʼn film. Die maak van ’n film – van die idee tot die première – is in sewe fases verdeel. In analogie met hierdie sewe fases is die sewe stappe in die gietproses as kort video’s oor sewe weke op die Silwerskermwebwerf en al kykNET se digitale platforms gedeel. Elke video is deur ’n verduidelikende teks vergesel.

Die teksture van die gietproses het die visuele grondslag vir die ontwerpsidentiteit van die fees gevorm wat stadig gestalte gekry en opgebou het tot die finale onthulling by die fees. Die warmte van die brons en verskille in kleur en tekstuur in die fases is deur kleurdiepte en kontras verryk.

Die veldtog het die transformerende toorkrag van die filmkuns gevier en die verwondering wat daarmee gepaard gaan. Daarmee saam is die verskillende stappe van die kreatiewe proses in liriese videografie gehuldig.

Fase 1: Die gietvorm – die aanvanklike storie-idee

Fase 2: Die wasbeeld – die idee word geknie en die inhoud word omskryf

Fase 3: Die wasbeeld in ’n dubbele gietvorm van silikoon – die span word gekies en voorbereidings word getref

Fase 4: Die smeltkroes – deur die oog van die lens word ’n storie geskiet

Fase 5: Uitbreek, herskep en skoonmaak – alles wat verfilm is, word bekyk en nuut aanmekaargesit

Fase 6: Poets en poleer – die storie word nou deur bemarking en publisiteit blinkgevryf

Fase 7: Die onthulling – die première

Entered In

View More Entries

Ref Image
Finalist
Khuphuka Nathi
Machine_ + Aquanote Productions + Priest Post Productions + Patriot Films
Spotify Africa
Ref Image
Finalist
Klubhuis
Sentient Creative / Johannesburg
kykNET

Sponsors

DAGBREEK TRUST

MARKLIVES

PANSALB

BIZCOMMUNITY

NEWSCLIP

UNIVERSITY OF JOHANNESBURG - FACULTY OF HUMANITIES

LOBENGULA ADVERTISING

BREINSTORM BRAND ARCHITECTS

21 Keyes Avenue, 2nd Floor,
Trumpet Building,
Rosebank, Johannesburg, 2196

hello@pendoring.co.za

+27 10 594 5544